SAPBA

SAPBA NEWS ...click on item to open



5 October 2009 :

PRESS RELEASE



11 June 2009 :

Court Ruling / Hof uitspraak



1 February 2009 :

SAPBA Statement regarding status quo



19 September :

Hofsaak inligting
Letter to Mr Moremi



11 September : Letter to Dept. Agriculture, Conservation and Environment; and their reply

Letter to Mr Mogotlhe
Reply from DACE (as we received it)



7 September : PERSVERKLARING

Die Suid-Afrikaanse Roofdier Telers Vereniging is dankbaar teenoor die Noordwes Departement van Natuurbewaring se optrede die afgelope paar maande ter voorkoming van onwettige aanhouding en vervoer van leeus.

SAPBA beywer hom om te alle tye besigheid te doen binne die raamwerk van die wet. Daarom is die onlangse arrestasie van persone vir die onwettige vervoer van leeus vir die vereniging 'n teleurstelling en is ons dankbaar teenoor die departement vir hulle spoedige optrede.

Daar is sekere telers en jagters wat hulle distansieer van SABA as vereniging en hulle verhewe bo die bepalings van die wet.

SAPBA steun die departement in die uitvoering van hulle pligte en sal te alle tye saamwerk om die euwel van onwettige teel, jag en vervoer van leeus uit te roei.

Carel van Heerden



31 Augustus 2007

Carla vd Vyfer is Woensdag 29 Augustus a.g.v. haar verklaring wat sy vir ons hofsaak afgelê het summier geskors van haar pos. Hulle meen sy was dislojaal aan die Minister van Omgewingsake en haar skorsings is hangende 'n dissiplinêre verhoor.

Graag wil ons die Vrystaat boere bedank vir hul opkoms tydens 'n vergadering wat hulle gehou het op Woensdag 29 Augustus. Die streeksverteenwoordigers het dit op hulself geneem om persoonlik by alle leeutelers aan te gaan om fondse te genereer vir die hofsaak. Baie dankie julle ons waardeer dit geweldig.

Dinsdag 28 Augustus is 'n persoon deur Natuurbewaring voorgekeer wat na bewering leeus sonder die nodige permitte vervoer het. Die Departement het beslag gelê op die leeus asook die voertuig waarin die leeus vervoer is. Ons wil tog alle lede versoek om seker te maak dat alle wetlike bepalings nagekom moet word wanneer leeus gejag en/of vervoer word.

Ons kan bevestig dat 'n senior politikus van die Suid-Afrikaanse regering onlangs 'n leeujag bygewoon het. Hy het dit as 'n positiewe ervaring beskou.

Intussen kan ons bevestig dat Elliot Mayisela tesame met prof. Potgieter, Jan Serfontein en Ben Duminy reeds besig is met die program soos daar aan ons verduidelik is tydens die vergadering van 17 Augustus. Sodra ons enigsins beriggewing het sal ons dit dadelik deurgee.